MINI PUNTKIE.KIDS
JUNIE 2026 UITGAWE
.ONTMOET PUNTKIE! 🌟
Hallo maatjies, Mamma's, Pappa's, Oumas en Oupas!
Ons is baie opgewonde om julle bekend te stel aan Puntkie, ons klein ligvriendjie wat kinders wil help om te leer, lag, bid en ontdek!
💛 Puntkie glo dat elke kind spesiaal is.
💛 Dat Jesus ons lig is.
💛 En dat klein liggies groot verskille maak.
Saam met sy maats, Punt en Pienkie, gaan hy julle neem op wonderlike avonture vol stories, Bybelse waarhede, pret, kreatiwiteit en waardevolle lewenslesse.
📖 Hier op die blad gaan julle kry:
✨ Kort stories
✨ Bybelverse
✨ Pret aktiwiteite
✨ Inkleurprente
✨ Positiewe boodskappe
✨ Avonture saam met Puntkie en sy vriende
Ons nooi julle om die blad te volg en deel te word van die Puntkie Kids-familie.
🌟 Onthou:
Jy is geliefd!
Jy is spesiaal!
En Jesus stap elke dag saam met jou.
Met liefde,
💛 Puntkie, Punt en Pienkie
Aktiwiteite vir die week








